‘N nuwe snit uit deur die Radiomanne

Wat kry jy wanneer die lirieke en musiek van twee radio-omroepers met verskillende musieksmaak, trou? ’n Unieke samewerking en genre wat hopelik ’n vars klank tot stand bring.

Francois van Rensburg en Jacques Erasmus (DJ City Bay) het mekaar ontmoet by Groot FM 90.5. Beide Francois en Jacques is omroepers by dié radiostasie en Jacques is ook ’n vervaardiger.

DJ City Bay het al een of twee Afrikaanse liedjies vervaardig, maar die meeste van sy musiek word in Engels uitgereik. “Ek het vir Jacques gevra om weer iets in Afrikaans aan te pak, en lirieke asook ’n basiese melodie vir hom aangestuur waarmee hy kon werk,” vertel Francois.

Ontmoet Jacques Erasmus oftewel DJ City Bay. Hierdie baie talentvolle man kom uit die klein dorpie Hartbeespoort, naby die hoofstad – Pretoria. Die klein dorpie het egter nie sy entoesiasme bekamp nie; inteendeel, dit was waar hy sy passie gekweek het.

Hy het liedjies op die kitaar begin speel op die ouderdom van 14, en gou besef dat dit iets is wat gekoester en ontwikkel moet word. Hy het later musiekproduksie, radiojoernalistiek en vir ’n loopbaan in die uitsaaiwese studeer. Dit was onvermydelik dat hy uiteindelik in radio beland het waar hy die afgelope 8 jaar suksesvol as vervaardiger en aanbieder werk. Hierdie werk het hom in staat gestel om die hele tyd by musiek betrokke te wees.

Sy passie het aanhou groei en deesdae het hy veranderings aangaande sy genre gemaak. Dit is nou meer elektronies, hy bring klanke soos House, EDM en Hip Hop voort. Dit is ook hoe DJ City Bay gebore is. Tans werk DJ City Bay saam met verskeie Suid-Afrikaanse kunstenaars wat sorg vir verskillende klanke en musiekgeure.

Dus, as jy jouself wil verloor in die grootste, nuutste, snaaksste musiek – briljant vervaardig en gemeng – maak seker dat DJ City Bay jou op sy musiekwolk wegvoer. Sy musiek is op verskeie aanlynmusiekwinkels en ander sosiale media-platforms beskikbaar.

Tot Liefde Vergaan is nou op digitale platforms beskikbaar.

Loer hier onder na die treffer musiekvideo:- Francois van Rensburg ft DJ City Bay – ‘Tot Liefde Vergaan’. Loer ook net onder die eerste video na nog ‘n musiekvideo van hom:- Francois van Rensburg – ‘Hoërskool Lovesong’

Francois van Rensburg – ‘Hoërskool Lovesong’

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.